Stry met die probleem níé die persoon.

Post date: Aug 10, 2010 8:26:32 AM

“’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam.” (Spr 15:1)

Om ‘n verhouding te herstel moet gestry word met die probleem níé die persoon nie. Ons sukkel om die probleem op te los as ons behep is om die blaam op te los. Ons moet kies tussen die twee. Die Bybel sê: “’n Sagte antwoord laat die woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam” (Spr 15:1).

Ons sal nooit ons boodskap oorgedra kry as ons kwaad is nie, daarom moet ons ons woorde versigtig en wyslik kies. ‘n Sagte antwoord is altyd beter as ‘n sarkastiese één.

In hantering van konflik, is die “hoe” jy iets sê net so belangrik as die “wat” jy sê. As jy dit aanvallend sê, sal dit verdedigend ontvang word. Die Here leer ons, “ ’n mens wat met wysheid bedeel is, word verstandig genoem, en as hy sy woorde reg kies, kan hy ook ander leer” (Spr 16:21).

Vitterigheid bereik net krapperigheid. Ons kan kwalik oortuigend wees deur onaanvaarbaar te wees.

Tydens die koue oorlog het beide kante ingestem om nooit wapens van massa vernietiging te gebruik nie. In belang van gesonde verhoudings, moet ons ons arsenaal van relasionele kernwapens vernietig, insluitend veroordelings, verkleinerings, vergelykings, etiketerings, beledigings, en om neerhalend en sarkasties te wees.

Paulus sê samevattend: “Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom” (Efs 4:29).

Laat ons stry met die probleem deur net die kwaad te wil verwyder. Wanneer ons wel fokus op die persoon, laat ons net goeie en mooi dinge sê. As ons nie iets goed en mooi van ‘n ander wil sê nie, laat ons dan minstens niks sê nie.