Boven Basaar 2011

Post date: Sep 29, 2011 3:40:26 AM

Boven bediening se basaar was regtig 'n lekker familie kuier geleentheid.

Jacques Kellie en Deon Ferreira het die son trotseer om sosaties en wors te braai. Yvonne en haar span: Petro, Nettie, Tersia, Ouma Hannetjie en Ruth het gesorg vir pannekoek, selfs Johann Boonzaaier het hand bygesit. Daar

was 'n "Koekbak" kompetiese vir die manne - Chris Harmse het die eerste prys gewen en Koos Louw, tweede prys - wys nou net wat die manne in ons gemeente kan regrky! Nuut by ons basaar was ons "Boeremark" dit het werklik aansien aan die basaar verleen. Die tent buite was 'n oog om te sien - daar is werklik moeite gedoen - dit het net die regte atmosfeer geskep vir lekker "boere kuier" Die Boeremark het gesorg vir vars groente, konfyte, tuisgebakte brood, teen die spreekwoordelike "appel en 'n ui' pryse. Daar was ook lekker biltong en droë wors! Laaste maar nie die minste -

DANKIE aan almal wat hard gewerk het vanaf die vleisbewerking tot die skoonmaak en opruim na die tyd.

Die bedagsaamheid en hulp van mense so gaaf word waardeer en onthou !!!

Onthou om na ons Foto Album te gaam kyk vir nog foto's!