Bring en Braai! 24 Februarie 2019

Post date: Feb 5, 2019 9:17:17 AM

Oud-leraar, Dr. Mike Heany, sal op 24 Februarie die erediens in beide punte waarneem. Lidmate word hartlik uitgenooi om na afloop van die erediens op Machado saam te kom braai en met hulle familie te kuier. Bykos sal voorsien word. Antwoord asseblief voor of op 17 Februarie of jy sal bywoon.

Kontak vir Mariaan Immelman of die kerkkantoor: 013 256 0218