Charlie Dicks & Boereontbyt!

Post date: Aug 24, 2010 6:52:03 AM

Was Charlie Dicks se optrede Sondagoggend nie 'n fees nie! Baie dankie aan ons Aanbiddingskommissie dat julle alles so mooi laat gebeur het! Julle is ysters! Dankie vir Ronel-hulle vir die gasvrye akkomodasie vir ons besoekers.

Het ons Vrouebediening nie weer uitgehang nie! Julle het ons lekker bederf met die lekker boerekos en ontbyt. Die tafels was pragtig! En kon julle nie lekker brag met ons splinternuwe kombuis nie. Dankie Jan vir wat jy vir ons susters en die gemeente beteken.

Dankie vir almal se liefde en offers dat ons as gemeentefamilie kon deel in weereens nóg 'n geseënde saamkuier!