DIENS VAN BARMHARTIGHEID - BEJAARDESORGPROJEK

Post date: Oct 17, 2011 4:26:17 AM

SITRUSFEES - 29 & 30 JULIE 2011

Op 29 & 30 Julie is daar weer fees gevier in Schoemanskloof - die jaarlikse Sitrusfees! Die Barmhartigheidspan het ook ingeskryf en worsbroodjies verkoop.

Daar is op grootskaal meegeding met die stalletjies - Machado-Boven se Barmhartigheidspan het besluit op 'n "Plaasstal" en was dit nie 'n plaasstel nie!! Annatjie van Tonder het waarlik almal se grootste verwagting oortref. Ons het ook 'n 1ste prys vir ons stalletjie gewen.

Ons Diensgroep het bietjie hoog gemik vir die aantal voete wat ons Worsbroodjie stalletjie besoek het, dus was ons wins maar klein. Nie te min, elke bietjie help.

Kerk Kanktoor