Fietsry & Pannekoek & Vetkoek Misty Valley Lodge -1 Oktober 2011

Post date: Oct 17, 2011 4:33:46 AM

Wat 'n dag na 'n verwoede nag ...... Vrydagaand het 'n storm Misty Valley Lodge getref !! Harde werk van die vorige dag daarmee heen - ons tent is omgewaai, tafels is weggewaai, gelukking kon vele hande opslaan en regskuif ligter

maak. Ongelukkig kon ons nie die wind wat aanhoudend gewaai het stil nie. Ons tent-dak was vol los grassies - Nettie Boonzaaier het met 'n geleende besem probeer om die gras van die tent-

dak af te vee onder die wakende oog van twee Pieters. Met die skoonmaak sessie agter die rug, is daar fluks aan die werk gespring. Selfs die manne het hand bygesit. Volgens doom Johhny van Zyl het hy DUISENDE pannekoeke gesuiker en gerol, Piet Grobler se telling het ook ietwat deurmekaar geraak, hy het net so duskant 2000 pannekoeke gebak. Die manne darem! Die strek wind het kort kort die Vetkoek ouens se vlam doodgewaai - daar is bekommerd en selfs moedeloos in die potte met olie geloer! Maar soos die spreekwoord sê: "aanhouer wen" Kort voorlank was al die vetkoek uitverkoop.

Kerk Kantoor